Editor's choiceNewsSchools

KYK HIER: Bastion-matrieks roep hul skoolloopbaan vaarwel toe

Hoërskool Bastion se matriekleerders het onlangs hul skoolloopbaan op 'n besondere wyse afgesluit.

 

Hul eerste afskeidsgeleentheid was op die blokke waar hulle deur die res van die skool en onderwysers met ‘n pragtige eksamengebed gegroet is. Petru van Zyl, die Graad 12-hoof, het die leerders ingelig dat hulle die eerste groep sou wees wat ‘n nuwe tradisie begin, maar hulle moes eers vir oulaas saam met die res van die skool ‘geesvang’.

Daarna het die ander leerders ‘n erewag van die blokke af tot by die hoofhek gevorm. Elke matriekleerder het die hoof se hand geskud, die geleentheid gehad om ‘n klok te lui wat die einde van hul skoolloopbaan gesimboliseer het, en vir die laaste keer deur die hoofhek by die skool uitgestap.

Gert Koekemoer, die skoolhoof het gesê, “Alhoewel julle nog eindeksamen moet kom skryf, is julle basies vandag klaar met jul skoolloopbaan. Julle het vir die laaste keer as skoliere hier uitgestap.”

Die amptelike afsluitingsdiens en lourierfunksie het die volgende oggend by die NG Kerk Culembeeck plaasgevind waar dominee Yolandi Kok die afskeidsboodskap gebring het en hulle hul laaste skoolprysuitdeling gehad het.

Die leerders is vir hul uitstekende prestasies in akademie, kultuur en sport beloon, en die drie groot toekennings is aan Kyla Watson (Vonnie Meyer-trofee vir Fyn Menswees), Franzelle Mertz (Matrikulant van die Jaar) en Janika Nel (Graad 12-duxleerder) oorhandig.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button