Lollos en Lettie hou konsert in Roodepoort
Vertoning beloof om groot pret te wees

Lollos, Lettie, Disco en Karla sien vreeslik daarna uit om al hul maatjies in Roodepoort en omliggende areas te ontmoet.
Hulle nooi kinders en hul ouers uit om hul 10 jaar basaar-vertoning op 27 Oktober by die NG Kerk Kloofendal, Opallaan 19, Kloofendal saam met hulle te geniet . Deure open om 4.15nm.
Die vertoning beloof om groot pret te wees, met baie geleenthede vir die kleinspan om op die maat van hul gunsteling liedjies te dans en saam te sing. Daar gaan ook heelwat verrassings vir die kleinspan wees.
Lollos is ‘n opvoedkundige Afrikaanse vertoning wat fokus op kinders tussen die ouderdom van een en 10 jaar. Die hoofdoel is om kinders aktief te kry en saam te laat dans – terwyl hulle ook iets leer.
Hulle leer onder andere die ABC, hoe om te tel, die dae van die week, hoe om gesond te eet en fiks te raak, hulle leer van ons land, herwinning en vele meer.
Tydens die vertoning sal daar Lollos-produkte beskikbaar wees wat storieboeke, aktiwiteitsboeke, badprodukte, klere, sagte speelgoed, rugsakke, beddegoed, kampstoele en ‘n Lollos-partytjiereeks insluit.
Vir kaartjies, of enige ander navrae, stuur ‘n epos na admin@kindervermaak.co.za of skakel 065 298 3864 of 082 317 3101.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!