Editor's choiceLocal newsNews

NG Kerk se Gee Fees gaan pret wees

'Dit is soos 'n kerkbasaar, maar alles gaan gratis wees'

 

Die NG Kerk Culembeeck beplan om ‘n Gee Fees op 25 November te hou om minderbevoorregte gemeenskapslede te help.

Dominee Yolandi Kok het verduidelik, “Dit is soos ‘n basaar, maar alles gaan gratis wees. Ons wil kos, klere, speelgoed en witolifant-goedere weggee.”

Sy het bygevoeg dat die items hoofsaaklik deur die gemeentelede ingesamel word, maar hulle wil ook die publiek uitnooi om deel te neem aan die fees. “Gemeenskapslede wat graag wil deelneem, kan items vir die fees skenk of self die dag ‘n Gee-stalletjie kom beman. As daar iemand is wat vermaak kan voorsien, sal ons ewig dankbaar wees!” het sy gesê.

Die fees sal by die NG Kerk Culembeeck, Koebergstraat 27, Witpoortjie van 11vm tot 1nm plaasvind, en daar sal volgens ‘n kaartjiestelsel gewerk word.

“Daar sal verskillende kleure kaartjies by die ingang uitgedeel word, waarmee items ‘gekoop’ kan word. Hierdie kaartjies is gratis, en elke Gee Feesganger sal slegs een pak kaartjies ontvang,” het Yolandi gesê.

Items wat nie dié dag uitgedeel word nie, sal aan plaaslike niewinsgewende organisasies geskenk word.

Vir meer inligting oor die Gee Fees, kontak Yolandi by 079 354 7902.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button