NewsSchools

Florrie-tradisies weer in fokus

‘Ons wil graag hê dat hierdie tradisie moet voortleef’

 

By Hoërskool Florida is tradisies baie belangrik, en die uitgaande Verteenwoordigende Leerderraad (VLR) het besluit om ‘n bepaalde tradisie te laat herleef.

Bertus Beetge, 2018 se Onderhoofseun: Tradisies, het met die hulp van juffrou Elke Jansen die tradisie om die lands- en skoolvlag daagliks te hys en te stryk, teruggebring.

Henrico Schoeman, Claudia Aggenbacht, Michael Deale en Kaysha Barnes tydens die oorhandigingseremonie. Foto: Adéle Bloem.

“Florries het ‘n unieke karakter en tradisies is vir ons belangrik. Daarom het ons ‘n nuwe skoolvlag laat ontwerp wat daagliks langs die landsvlag sal wapper. Nadat ons die laaste matriekvraestel geskryf het, het ons tydens ‘n kort seremonie hierdie tradisie aan die huidige VLR oorgegee,” het Bertus gesê.

Richter Bredenkamp, 2019 se Onderhoofseun: Tradisies, het die vlae namens die VLR en leerders van Hoërskool Florida ontvang, en beloof om hierdie tradisie te laat voortleef.

Julius Katzke, die skoolhoof het afgesluit deur almal te bedank vir die mooi gebaar en gesê, “Baie dankie aan elke VLR- en personeellid wat ‘n aandeel in hierdie projek gehad het. Dit is voorwaar ‘n goeie tradisie om op voort te bou.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button