Kruiner-juffrouens spog met hul kroos
Vyf seuns en drie meisies binne 12 maande gebore
Laerskool Helderkruin spog met ‘n rekordgetal babas wat in die afgelope 12 maande gebore is.
“Dit was ‘n geseënde jaar vir ons, en ons het agt nuwe babas – vyf seuns en drie meisies – verwelkom,” het Hanli-Mari Olivier, die skool se kommunikasiekoördineerder, gesê.
Die babas is almal tussen 30 November verlede jaar en 3 November vanjaar gebore, en is:
• Lizanne Maree se Lienke (30 November 2017)
• Mari Müller se Wren (31 Desember 2017)
• Ursula Niehaus se Adrean (16 Maart)
• Louise Barnard se LeRouxchké (21 April)
• Erika Lombard se Jano (15 Mei)
• Ezanne de Klerk se Christian (31 Mei)
• Trudie Breet se Lexi (28 Augustus)
• Rianda Vergottini se Johrné (3 November)
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!