Horison Blockwatch se jaareindfunksie fokus op die familie
Die aand is met Kersliedere by kerslig afgesluit
![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2018/12/IMG_2364_82260.jpg)
“Die jaareindfunksie is gehou om vir elke lid en patrolleerder van die Horison Blockwatch (HBW) dankie te sê vir hul harde werk en ondersteuning deur die jaar.
“Dankie ook vir elke getroue lid se bydrae, want daarsonder sou ons nie kon doen wat ons doen nie,” het Steve du Toit, die HBW-voorsitter gesê.
![](https://roodepoortrecord.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2018/12/IMG_2368_74686.jpg)
Hy het bygevoeg dat die dag se aktiwiteite gefokus was op familiepret. Daar was iets vir elkeen, van heerlike braaivleis direk van die spit af, slaaie, tuisgebakte brode, poeding, vla en Kersfees-kolwyntjies, tot verskeie springkastele vir die jongspan.
![](https://roodepoortrecord.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2018/12/IMG_2363_12271.jpg)
“Nagenoeg 80 mense het hierdie geleentheid bygewoon en ek glo dat elkeen dit werklik geniet het,” het Steve gesê.
Elke kind het ook ‘n Kerskous vol van allerlei lekkers ontvang voordat die dag se verrigtinge afgesluit is met Kersliedere by kerslig, wat deur die Bethesda-gemeente se orkes gelei is.
SIEN VIDEO:
Maar, die HBW-lede het nie vergeet van dié wat dalk nie so ‘n geseënde Kersfees gaan hê nie, en het ook van die Kerskouse by die kinders by St Laurence’s afgelaai.
![](https://roodepoortrecord.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2018/12/IMG_2357_48455.jpg)
Vir meer inligting oor die HBW, kontak vir Elize Venter by 071 387 0688.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!