Local newsNews

Witpoortjie dominee reg vir groot avontuur

Sy het hulp van die gemeenskap nodig om hierdie geleentheid aan te gryp

 

Dominee Yolandi Kok van die Nederduitsch Gereformeerde Kerk, Culembeeck, het ‘n passie en liefde vir familie, en het nou ‘n geleentheid om hierdie passie verder te ontwikkel.

“Ek het die geleentheid gekry om ‘n PhD in huwelik en familie-terapie by ‘n universiteit in Amerika te voltooi. Dit is ‘n eenmaal in ‘n leeftyd geleentheid, maar die kostes daaraan verbonde is astronomies,” het sy verduidelik.

Sy het bygevoeg dat sy ook die geleentheid sal kry om saam met die beste Imago terapeute in die wêreld te studeer, en het gesê, “Ek wil nie hierdie geleentheid laat verbygaan omdat ek nie die finansies daarvoor het nie, daarom het ek alreeds ‘n paar planne gemaak om geld hiervoor in te samel.”

Yolandi het gesê dat sy ‘n bladsy op gogetfunding.com geskep het, waar mense wat graag wil help, ‘n donasie kan maak.

“Ek gaan ook ‘n paar werkswinkels oor verhoudings aanbied, en, as jy my in hierdie avontuur wil ondersteun kan jy een van drie dinge doen; jy kan ‘n werkswinkel bywoon, my help om kaartjies vir die werkswinkels te verkoop of jy kan iemand wat graag ‘n werkswinkel wil bywoon, borg,” het sy afgesluit.

Vir meer inligting, kontak Yolandi by 079 354 7902.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button