NewsSchools

Nuwe personeel sluit by Laerskool Helderkruin aan

Vier nuwe personeellede verwelkom

 

Laerskool Helderkruin het vier nuwe personeellede – drie assistente en een onderwyser – verwelkom.

Inge Jonker, Marlie Pieterse en Kayla Watson het by die Kruiner Klitsies aangesluit as assistente en Elmien Roesch is die nuwe Menslike Beweegkunde- (MBK-) onderwyser.

Elmien Roesch is die nuwe MBK-onderwyser.

Elmien, wat ‘n groot liefde vir kinders en liggaamlike opvoeding het, gaan MBK vir Graad RR tot Graad 2-leerders aanbied. Sy was verlede jaar ‘n assistent, en kan nie wag om hierdie jaar haar passie en liefde met die kinders te deel nie.

“Baie welkom aan hierdie nuwe personeellede, ons glo en vertrou dat hulle sommer vinnig hul voete by die skool sal vind,” het Hanli-Mari Olivier, die skool se skakel- en bemarkingsbeampte gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button