![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2019/01/IMG-20190108-WA0023_19893.jpg)
Laerskool Die Ruiter het hul nuwe Graad 1-leerders op 8 Januarie verwelkom, ‘n dag voordat die skooljaar amptelik begin het.
Volgens Suzette Louw van die skool is dit ‘n tradisie wat hulle vir die afgelope paar jaar volhou. “Dit gee die ouers en leerders die kans om mooi in te skakel, om die klasse te besigtig en ook om die onderwysers te ontmoet. Na ‘n kort verwelkoming en die deurgee van ‘n paar basiese reëls, ontvang die ouers en leerders ‘n basiese oriëntering van die skool,” het sy gesê.
![](https://roodepoortrecord.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2019/01/IMG-20190108-WA0027_49247-520x390.jpg)
Sy het bygevoeg dat elke leerder ‘n pakkie ontvang het, wat hulle in staat gestel het om sommer met die intrapslag aan ‘n inkleur- en ietsie-maak-projek deel te neem.
![](https://roodepoortrecord.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2019/01/IMG-20190108-WA0013_69807-520x390.jpg)
“Al die leerders het die dag baie geniet, en dit was ‘n groot sukses. Ons wil net aan elke nuwe leerder en ouer welkom sê. Ons hoop dat hulle sommer vroeg-vroeg sal tuis voel en inskakel,” het sy afgesluit.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!