Immergroen Seniorklub-aktiwiteite vir eers gestaak
Aktiwiteite sal in Junie hervat word

Lede van die Immergroen Seniorklub sal eers weer vanaf Junie aan klubaktiwiteite kan deelneem.
Klubvoorsitter Marian Venter het gesê, “Weens herstelwerk aan die Discovery Ontspanningsentrum kan ons nie die saal vir ons funksies gebruik nie”.
Sy het bygevoeg dat hulle ingelig is dat die werk teen einde Mei voltooi sal wees, en dat die Klub sy aktiwiteite in Junie kan voortsit.
“Ons sal lede op hoogte hou soos die herstelwerk vorder. ‘n Kennisgewing met die datum waarop die Klub heropen sal aan lede gestuur word,” het Mariana afgesluit.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!