
Laerskool Florida was onlangs die ontvanger van 60 skooltasse propvol skryfbehoeftes en ander benodigdhede vir Graad 1-leerders. Dit is deur Solidariteit Helpende Hand se Gauteng-Suid-tak geskenk.
Die oorhandiging is deur die lede van Solidariteit Helpende Hand Gauteng-Suid Streek, die AfriForum Buurtwag
(Roodepoort), AfriForum Jeug en Ons Winkel (Florida), bygewoon.

Mariëtte van de Werken, die Gauteng-Suid Streekorganiseerder, het gesê, “Ons het in Desember 970 tasse gepak wat aan verskeie laerskole in die streek gestuur is, onder andere Florida, Generaal De La Rey, Dr Havinga, Horison, Roodebeeck en Esperanza. “
Sy het bygevoeg dat die tasse van uitstaande gehalte is, gevul met opvoedkundige inhoud. “Dit sluit in uitdraaikryte, ‘n legkaart, inkleurpotlode, gryspotlode, ‘n liniaal, skerpmaker, skêr, uitveër, gom, pennesakkies, ‘n witbord met penne en ’n Afrikaanse Bybelstorieboek wat geborg word deur Finesse,” het sy gesê.
AfriForum Buurtwag (Roodepoort) en AfriForum Jeug het ook 20 tasse ontvang, wat hulle aan ‘n skool van hul keuse oorhandig het.
Helpende Hand se Skooltassieprojek is ’n deurlopende projek. Om betrokke te raak, SMS die woord ‘tassie’ na 38969 (SMS kos R10).
Vir meer inligting of om groter skenkings te maak, besoek gerus die webtuiste www.tassie.co.za, of skakel Mariëtte by 071 548 8013.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!