NewsSchools

Kruiner-maats maak harte oop vir Cansa

Hulle het meer as R1 000 vir dié organisasie ingesamel

 

Ses leerders, twee van Laerskool Helderkruin, het hul harte (en beursies) wyd oopgemaak en gewys hulle gee om vir maats met kanker. “Ek wou graag ‘n projek van stapel stuur waarby kinders kon betrokke raak. Ek het ‘n paar pilhouers bymekaar gemaak waarin R5-muntstukke pas. Wanneer hierdie houertjie vol is, is die waarde daarvan R100. Dié fondsinsamelingsprojek het drie fases – die eerste een is brons, dan silwer en dan goud,” het Isabel Gomes, die projekkoördineerder verduidelik.

Die ses kinders, naamlik Xander en Juan-Paul Davids, Damian en Danika Grobbelaar en Ivan en Denise Hooper het sommer gou-gou ingespring en sowat R1 500 ingesamel.

Isabel en Ester Pretorius van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Cansa) aan die Wes-Rand het Laerskool Helderkruin besoek en spesiale sertifikate vir hul bydrae aan Xander en Juan-Paul oorhandig. Sertifikate is ook aan die kinders in onderskeidelik Laerskool Florida, Linden Akademie en Laerskool Louw Geldenhuys uitgereik.

Isabel het gesê dat gelde wat deur hierdie projek ingesamel word, spesifiek vir kinders met kanker gebruik sal word. Sy het afgesluit, “Ons sal graag hierdie ses leerders wil bedank vir hulle bereidwilligheid om te help. Hulle was die dryfveer agter hierdie inisiatief, en ons wil alle kinders aanmoedig om by hierdie doelgedrewe projek betrokke te raak en ‘n verskil te maak. Wanneer jy by die goue fase van die projek kom, sal jy ‘n sertifikaat van Cansa ontvang, en ook erkenning op alle sosialemedia-platforms ontvang.”

Vir meer inligting oor hoe om betrokke te raak, kontak Isabel of Milanca by 011 768 4342.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button