Hoërskool Bastion het op 31 Januarie op ‘n besondere wyse van hul adjunkhoof, Tinus Bartman, afskeid geneem. .
Hy het na 17 jaar diens afgetree en om hierdie hoofstuk in sy lewe op ‘n tasbare manier af te sluit het hy die klok op die vierkant gelui. Daarna het hy deur die erewag wat die leerders gevorm het, hek toe gestap.
Gert Koekemoer, die skoolhoof, het Tinus met die volgende woorde gegroet, “Vandag, na 17 jaar getroue diens by Hoërskool Bastion, neem ons afskeid.
Ons wens Meneer Bartman ‘n rustige aftrede toe en sterkte met die nuwe hoofstuk in sy lewe. U laat vir seker ‘n groot leemte. Carpe diem.”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!