Leerders van Hoërskool Florida het baie goed gevaar tydens die afgelope Bekgeveg.
Leerders van Graad 8 tot 12 het deelgeneem en die beste spreker sowel as ‘n debatspan is uit elke graad gekies.
Die beste sprekers was —
• Jeandré Visser en Jadin le Fevré (Graad 8)
• Zané Bekker en Gustav Janse van Rensburg (Graad 10)
• Megan Kuin (Graad 11)
• Benice Wilmans en Lebo Mathukwi (Graad 12)
Morné Hanekom, die skool se skakel- en bemarkingsbeampte, het gesê, “Baie geluk, julle maak ons harte baie trots. Julle het jul goed van jul taak gekwyt.”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!