Local newsNews

Horison-kerk hou ‘n fondsinsameling met ‘n verskil

Die tema vir die dag is 'Van toeka tot nou'

 

Die Nederduitsch Hervormde Kerk in Horison beplan ‘n feestelike oggendetee op 9 Maart, wat as fondsinsameling vir die senior burgers in die gemeente sal dien.

Johanna Scheepers, die organiseerder van die funksie, het verduidelik. “Ons het besluit om hierdie funksie so ‘n bietjie op te kikker en het van die bekendste trourokontwerpers van Pretoria genooi om die nuutste modes en modegiere in trou-, asook matriekafskeidrokke te kom vertoon.”

Die ontwerpers wat genooi is, is Immagika Creative Designs, Heloise Couture, Lise Designs en Cathleen’s Collection.

Johanna het bygevoeg dat die tema van die dag ‘Van toeka tot nou’ is en om by hierdie tema aan te sluit, gaan modelle trourokke vanuit toeka se dae vertoon. “Dit sal verseker dat die gaste die style en nostalgie van vervloë dae kan beleef. Hierna sal trourokke vertoon word wat ideaal sal wees vir ‘n tweede huwelik,” het sy gesê.

Daarna kom die moderne trourokke aan die beurt en om af te sluit gaan die ontwerpers ook vir die matriekmeisies al die nuutste ontwerpe en style vir matriekafskeidrokke wys.

Kaartjies vir hierdie geleentheid kos R130 per persoon en sluit koffie, tee en heerlike versnaperinge in. Die funksie begin om 9.30vm en word by die kerk by Georginastraat 34B, Horison aangebied.

Vir meer inligting, of om jou kaartjies te bespreek, kontak Johanna by 082 467 2640.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button