![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2019/02/IMG_2975_39188.jpg)
Stoeiers van die Wesrand Stoeigimnasium (WSG) het baie goed tydens die eerste toernooi van die jaar gevaar.
Hulle het by die afgelope Oos-Gauteng Ope Toernooi aan die Grieks-Romeinse, Vrystyl- asook Presidente-kategorieë deelgeneem.
Die stoeiers se prestasies was soos volg:
• Marco Maree – Silwer o.15 (Vrystyl)
• Deanin Marais – Vierde plek o.13 (Vrystyl)
• Ruan Nel – Silwer o.11 (Vrystyl) en goud (Presidente)
• Robert Hurn – Vierde plek o.11 (Vrystyl)
• Tylor Burkett – Silwer o.11 (Vrystyl) en brons (Presidente)
• Tiaan Classen – Brons o.17 (Grieks-Romeins)
• Dewald Engelbrecht – Goud O.10 (Vrystyl)
• Rick van der Berg – Goud o.10 (Vrystyl)
• Jan-Zias van der Merwe – Brons o.10 (Vrystyl)
• Adriaan van Tonder – Vierde plek o.9 (Vrystyl) en brons (Presidente)
• Arno Viviers – Goud o.9 (Vrystyl)
• Rynhardt Roos – Silwer o.9 (Vrystyl)
• Juanro Nel – Goud o.8
• Eduan van der Merwe – Silwer o.8
• Liam Steynberg – Silwer o.7
• Joshua van Rheede van Oudtshoorn – Goud o.7
• Reghardt Roos – Goud o.6
Juan Nel, die klub se hoofafrigter, het gesê dat hy baie trots is op elkeen van sy stoeiers wat deelgeneem het. “As ons die jaar op so ‘n hoë noot kon afskop, glo ek dat dit net beter kan gaan. Ek is opgewonde om elkeen van hierdie stoeiers by die volgende toernooie te sien stoei,” het hy afgesluit.