AfriForum-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel
Die fokus was om polisiëringsigbaarheid te verskerp

AfriForum se Vanderbijlpark-, Roodepoort- en Randfontein-buurtwagte het onlangs aan massapatrollies in hul onderskeie gebiede deelgeneem.
Hierdie patrollies is in samewerking met die Polisie, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums (GPF), gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te verskerp.
Die patrollie het omstreeks 7nm begin en tot 6vm die volgende oggend geduur. Ses-en-negentig patrolleerders het altesaam 2 510km in 428 man-ure in 89 voertuie afgelê. Sewe gebeurlikhede is aangemeld en hulp is verleen.
“Die Wes-Randse buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies in samewerking met die Polisie en ander veiligheidsinstansies hou om misdaad hok te slaan en veiligheid te bevorder,” het Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die Noord-streek gesê.