![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2019/03/IMG_2119_23190.jpg)
Ek het self een van die lessenaars by die Roodepoort Record behartig en is verskriklik jammer om te hoor dat kanker raadslid Suzanne Clarke se lewe geëis het.
Daar was sekerlik ‘n goeie rede dat sy die afgelope ruk konstant in my gedagtes was.
Sy het altyd baie vinnig ‘n oproep beantwoord en het nooit geskroom om haar hulp aan te bied nie. Ek sal nooit die gemeenskapsvergaderings en lewendige debat met die Stad vergeet nie! Sy was ‘n handvol tale magtig en het hulle goed benut om haar gemeenskap te laat voel hulle word gehoor. Haar hande het vir niks verkeerd gestaan nie.
Dit was ‘n eer om saam met haar te kon werk en ek is hartseer dat kanker nóg ‘n sterk vrou weggeraap het. Dit is ‘n yslike ding wat baie in my lewe al aangeraak het, en aan raadslid Clarke se familie wil ek net sê, “Ek ken julle pyn en verlies, en hou julle in my gedagtes. My innige simpatie aan almal wat haar geken het. Rus in vrede, raadslid Clarke.”