![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2019/04/53660820_2401071856_76668.jpg)
Laerskool Roodekrans het onlangs hul heel eerste pa-en-dogter-piekniek by die skool gehou.
Volgens Theolene Pienaar van die skool het meer as 500 pa’s en dogters die piekniek bygewoon. “Alhoewel Moeder Natuur nie in so ‘n goeie bui was nie, en hard probeer het om die aand met ‘n reënstorm te bederf, het dit nie die pa’s afgeskrik nie. Hulle het doodseker gemaak dat hulle die aand saam met hul dogters kon spandeer,” het sy gesê.
Sy het bygevoeg dat ‘n ieder en ‘n elk beslis die geleentheid geniet het, en het gesê, “Baie dankie aan elke ouer en personeellid wat die saal en personeelkamer so mooi vir die spesiale geleentheid versier het. Dankie ook aan al die pappas wat die geleentheid gebruik het om die aand saam met hulle dogter(s) te spandeer; hulle sal hierdie spesiale geleentheid beslis vir altyd onthou en koester.”