![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2019/04/Foto3_76884.jpg)
Hoërskool Florida se leerders het in verskeie sportsoorte en kultuuritems uitgeblink.
• Morné Pretorius, ‘n Graad 11-leerder, het baie goeie stoeiprestasies behaal. Hy het Suid-Afrika by
die Afrika Kontinentale Stoeikampioenskappe in Tunisië verteenwoordig. Daarna het hy aan een van die grootste stoeitoernooie in Europa gaan deelneem.
• Caitlin Oelofse, ‘n Graad 12-leerder, het tydens die afgelope SAARA Gauteng Ope vir die tweede
agtereenvolgende jaar vir haar Junior Protea-kleure gekwalifiseer. Sy is deel van die Junior Protea-span wat in Julie vanjaar aan die ISSF Junior Wêreldbekertoernooi in Suhl, Duitsland gaan deelneem.
• Drie Graad 12-leerders – Rioné Pelzer, Daniëlle Beneke en Donavan van der Linde – het aan die Interprovinsiale Aksienetbaltoernooi in Kaapstad deelgeneem. Hulle het Gauteng-Wes verteenwoordig en baie goed presteer. Rioné se span het ‘n silwermedalje in die o.19-kategorie verower, terwyl Daniëlle en Donavan se gemengde span vir o.19’s algeheel vierde geëindig het. Rioné gaan aan die einde van April as
lid van die o.21-damesaksienetbalspan aan die Interprovinsiale Toernooi deelneem.
• Jeandré Visser, ‘n Graad 8-leerder, het aan die afgelope Talent Africa-kompetisie deelgeneem. Hy het drie gouemedaljes vir onderskeidelik Dramatic Acting, gedramatiseerde poësie en ongedramatiseerde
poësie verower. Met hierdie prestasies het hy vir deelname aan Talent America gekwalifiseer wat in Junie in New York gehou gaan word.