NewsSchools

Roodies vier 40ste bestaansjaar saam met Elvis Blue

Dit was ‘n hele naweek vol pret en plesier

 

Laerskool Roodekrans het hul 40ste bestaansjaar met ‘n naweek van feesvieringe herdenk wat vir groot pret en plesier gesorg het.

Die naweek is Vrydagaand deur ‘n buitelugvertoning deur Riaan van Rensburg en Elvis Blue afgeskop, wat die gehoor met heerlike musiek vermaak het.

George Williamson saam met sy gesin.

Die kombinasie van die braaivleisvure en wonderlike musiek het verseker dat elkeen wat die vertoning bygewoon het, kon terugsit, ontspan en ‘n aand van pret, plesier en samesyn geniet.

Die naweekpret is die Saterdagoggend voortgesit met ‘n kruiwakompetisie soos die een wat op die heel eerste Roodie-dag gehou is, asook verskeie speletjies en springkastele. By die verskillende stalletjies is allerhande produkte en heelwat soorte eetgoed verkoop.

In die gazebos was daar foto’s waarna die besoekers kon kyk van die onderskeie hoogtepunte wat Laerskool Roodekrans se 40 bestaansjare uitgebeeld het.

Elvis Blue op die verhoog.

Die naweek is op ‘n gepaste wyse afgesluit met ‘n dankseggingsdiens op die rugbyveld wat deur pastoor Marius Keyter waargeneem is.

“Graag wil ons net vir Annamarie van Biljon en haar span bedank wat hierdie hele geleentheid gereël het. Dit was werklik ‘n onvergeetlike naweek. Dankie ook aan Deon Rousseau, Marius Swanepoel, oom Phillip Wagenaar en sy span werkers, asook elke personeellid, ouer en leerders vir hul bydraes,” het Theolene Pienaar van die skool gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button