Local newsNews

Wêlakapêla was ‘n groot fees by Ruimsig

Die dag was gevul met hope pret, plesier en vermaak

 

Die heel eerste Wêlakapêla Kinderfees het die afgelope naweek vir groot pret, plesier en vermaak vir oud en jonk gesorg.

Dié fees, wat deur akteur Wynand van Vollenstee en sakevrou Mariaan du Plessis in samewerking met die Roodepoort Record en Roodepoort Northsider aangebied is, is by die Ruimsig-atletiekstadion gehou en is goed ondersteun.

Ouers en kinders het meer van vergifnis en vredeliewendheid by die akteurs van Die Laaste Mango geleer, Lollos en Lettie het deur musiek en danspassies goeie maniere en waardes aan elkeen oorgedra, en Tjiff en Tjaff het ook ‘n draai op die verhoog gemaak.

Gretha Pers het oud en jonk laat skaterlag met al haar danspassies en pittighede, en sy het selfs die kleinstes geleer hoe om te toi-toi. Van die pappas het ook die geleentheid gehad om hul swemvernuf op die verhoog ten toon te stel, tot groot vermaak van die gehoor.

Minnette Marais van Hollywood Costumes.

Die spookhuis, verskeie springkastele, pretritte en meganiese bul was groot treffers en die ouers kon darem ook ‘n bietjie asem te skep in die ‘Wine and Dine’ tent.

Die onderskeie kos- en produkstalletjies is baie goed ondersteun, wat verseker het dat niemand met leë hande huis toe is nie.

Wynand Muller en Alfie Hughes. Foto’s: Adéle Bloem.

Vir meer foto’s, kliek hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button