![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2019/06/Untitled_46729.jpg)
Twee Graad 10-leerders van Hoërskool Bastion het baie goed tydens die SA Kids Got Talent-kompetisie by Maragon Ruimsig gevaar.
Starr Honeyball het ‘n eerste plek in die tromkategorie behaal en vir deelname aan die halfeindrondte gekwalifiseer.
Zanelle McKittrick, wat vir die eerste maal aan hierdie kompetisie deelgeneem het, het ‘n eerste plek in die sangkategorie behaal. Sy het ook ‘n silwersertifikaat verwerf, wat verseker het dat sy ook vir deelname aan die halfeindrondte gekwalifiseer het.
Die halfeindrondte sal in September plaasvind.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!