Nog ‘n suksesvolle patrollie deur AfriForum se Roodepoort-tak

Verskeie rolspelers het deelgeneem

AfriForum se Roodepoort-tak het weer hul maandelikse massamisdaadvoorkomingspatrollie gehou.

“Misdaadvoorkomingspatrollies soos dié kan slegs suksesvol wees as die hele gemeenskap hul kant bring. Dit is ’n voorreg om te kan sê dat dit wel hier in Roodepoort die geval is,” het Dewet Ungerer, AfriForum se assistantkoördineerder gesê.

Eenhonderd-en-sewe lede van verskeie gemeenskapspolisiëringsforums, sekuriteitsmaatskappye en nooddienste het verseker dat die patrollie ‘n sukses was.

Gemeenskapslede kan betrokke raak by AfriForum se Roodepoort-tak , deur “Roodepoort” na 45341 te SMS, (SMS’e kos R1).

Exit mobile version