Local newsNews
Nataniël help Florrie-fondsinsameling
Nataniël kom besoek Hoërskool Florida in Augustus
![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2019/07/Nataniel_05285.jpg)
Is jy ‘n Nataniël-aanhanger wat nog altyd graag een van sy konserte wou bywoon?
Dan moet jy beslis op 31 Augustus by Hoërskool Florida wees wanneer hy as deel van die skool se fondsinsamelingsprojekte op die verhoog gaan wees.
Die vertoning begin om 7nm en kaartjies kos R150 per persoon. Dit sluit sjokolade en wyn in.
Kaartjies is by die skool se finansiële kantoor beskikbaar.
Geen kinders jonger as 15 jaar sal toegelaat word nie.
Vir enige navrae of inligting, kontak die skool by 011 672 5345/ 6.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!