Local newsNews

Witpoortjie-paartjie vier hul 65ste huweliksherdenking

'Op nog vele meer spesiale herdenkings saam met jou'

Vyf-en-sestig jaar gelede het Dawie en Mossie Pieterse as eggenotes hul lewens saam begin, en is vandag steeds dolverlief op mekaar.

Dawie, 87, en Mossie, 84, woon al die afgelope 60 jaar in Witpoortjie, en het diep spore in die gemeenskap getrap. Hulle het onder andere die Witpoortjie Korfbal Klub gestig en was ook die bestuurders van die Roodepoort Judo Klub.

Dawie het vertel dat hulle mekaar al van vroeg af in hul skoolloopbaan geken het en goeie vriende was, maar dat die liefde eers later begin blom het en hy geweet het dat Mossie sy trouvrou is. Na ‘n tydjie van vlerksleep het hulle op 7 Augustus 1954 trou aan mekaar beloof.

Alhoewel Dawie nie ‘n spesifieke resep het om vir so lank gelukkig getroud te bly nie, het hy wel ‘n spesiale boodskap vir sy lewensmaat. “Baie dankie dat ek my lewensmaat in jou kon vind, my vrou. Dankie vir 65 jaar wat ons ons lewens saam kon deel en dat jy my met twee pragtige dogters geseën het. Op nog vele meer spesiale herdenkings saam met jou.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button