Laerskool Roodekrans kry ‘n nuwe borg

Laerskool Roodekrans se borg het goedgunstiglik ingestem om die span se kleredrag vir die liga en die aandreeks te borg.

Web

Laerskool Roodekrans se eerstekrieketspan het vanjaar ‘n nuwe borg, CMH Volvo Cars West Rand verwelkom.

Die span is deel van die plaaslike Johannesburg-Wes Liga asook die aandreeks wat deur Laerskool Fairland gereël word.

Tydens die seisoen het die eerstekrieketspan nege ligawedstryde gespeel en onoorwonne uit die stryd getree.

Volvo het goedgunstiglik ingestem om die span se kleredrag vir die liga en die aandreeks te borg.

“Dit is vir ons ‘n voorreg om met ‘n handelsmerk soos VOLVO geassosieer te word. Ons is ongelooflik dankbaar vir hul vertroue in ons,” het Laerskool Roodekrans gesê.

Related Articles

Back to top button