School sportSport
Kruiners-netbalspan presteer by toernooi
Laerskool Helderkruin se o.11-netbalspan presteer in die Wêreldkampioenskappe as die Zimbabwe Krushers

Laerskool Helderkruin se o.11-netbalspan het op 27 Julie aan die D12 Wêreldkampioenskappe by Hoërskool Florida deel geneem.

Elke skool het aan die begin van die kampioenskappe ‘n lootjie getrek waarop die naam van ‘n land was wat die spelers moes verteenwoordig. Hulle het dié land deur hul kleredag, kennis van die land, ‘n handgemaakte vlag en ‘n spankreet uitgebeeld.
Die o.11-netbalspan moes Zimbabwe uitbeeld, en die Zimbabwe Krushers het aan die einde van die toernooi ‘n gouemedalje sowel as die geesbeker verower.