Alle gholfspelers word uitgenooi om aan die NG gemeente Horison-Noord se gholfdag deel te neem.
Die liefdadigheidsgholfdag sal op 13 September by die CMR Gholfklub in Maraisburg gehou word. Die doel is om geld vir verskeie projekte in te samel.
Die projekte waarmee die gemeente besig is, sluit in komberse vir behoeftiges, skoolvoeding by Laerskool Jozua Naude Primary School, en die NG Welsyn se voedingskema. Hulp sal ook aan behoeftige gesinne in die gemeenskap verleen word.
Die formaat van die spel is Better-ball Stableford en die koste beloop R2 200 per vierbal, R1 100 vir ‘n tweebal en R550 vir ‘n individuele speler. Besighede kan ‘n putjie teen R1 000 borg.
Die spelersgelde sluit ‘n aandete in, sowel as twee kanse om ‘n kruiwa- en vleisgeskenkpak te wen.
Inskrywingsvorms is by die gemeente se kerkkantoor beskikbaar. Vir meer inligting of navrae, kontak Dirk Botha by 082 901 1869 of die kerk by 011 766 2508. ‘n Epos kan ook na kerkkantoor@ngkhorison-noord.co.za gestuur word.
.