Local sportSport

Jong skut skiet medaljes in Duitsland los

Nadine Nel het vanjaar aan die ISSF Junior Skyfskiet Wêreldbekerkompetisie gaan deelneem en baie goed presteer

 

Nadine Nel is tans die Suid-Afrikaanse skyfskietkampioen in die o.20-presisieklas. Sy neem in September aan die SAARA Nasionale Kampioenskappe deel.

In Maart het Nadine aan die SAARA Gauteng Ope deelgeneem waar sy ‘n silwermedalje in die o.20-ouderdomsgroep verower het. Met dié prestasie het sy ook gekwalifiseer vir haar South African Shooting Sport Confederation- (SASSCO-) kleure.

Sy het ook vanjaar aan die ISSF Junior Skyfskiet Wêreldbekerkompetisie in Duisland deelgeneem, en ‘n 116de plek uit ‘n groep van 150 behaal.

Nadine is ook as die kaptein van Gauteng Skyfskietspan aangewys, en gaan in September saam met haar span aan die SANSSU Kampioenskappe deelneem.

Related Articles

Back to top button