![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2019/09/69907989_1172966666_33953.jpg)
Hoërskool Bastion se redenaars het op 7 September aan die Nasionale Interskole Redenaarskompetisie by Bryanston Parallel Medium gaan deelneem, en op verskillende vlakke presteer.
Die leerders het in drie verskillende kategorieë deelgeneem.
Hulle het die volgende prestasies behaal:
Afrikaans Spantoespraak-kategorie:
• Graad 8-span: Interskole Redenaars Nasionale Wenners – Caela Truter, Melissa Basson, Michaela Tolmay en Robyn Raadt
• Graad 11-span: Behaal tweede plek in die Graad 11-afdeling – Chezaan Gericke, Luke Kahn, Desiré Wehmeyer en Ethan du Preez
• Graad 11-span: Behaal derde plek in die Gr 11-afdeling – Dwayne Griffin, Bridgette Dreyer, Louwrein van Niekerk en Micayla Schoeman
Afrikaans Individuele Sprekers:
• Runé Etsebeth, Graad 8 – derde plek in Graad 8 Individuele afdeling
• Ethan du Preez, Graad 11 – sertifikaat vir deelname
• Matushka de Jager, Graad 12 – sertifikaat vir deelname
Graad 12 Engels Spantoespraak:
• Graad 12-span is as die Nasionale Interskole Redenaars Kompetisie-wenners aangewys met die hoogste persentasie in alle afdelings. Die span, wat uit Cameron Taylor, Ethan du Preez, Matuschka de Jager en Stephen Moolman bestaan, het 98 persent behaal.