Local newsNews

NG Culembeeck kroon hul bobaas-potjiekok

Na die kooksessie het die lede die dansvloer oorgeneem en die kos en musiek geniet.

 

Op 7 September het die NG Kerk Culembeeck se potjiekoskompetisie plaasgevind, en al die bobaas-potjiekossjefs het hul talente ten toon gestel.

Om 1nm het die kompetisie afgeskop en die deelnemers kon met hul voorbereidings begin. Die ander het in spanning voor die grootskerm gesit, en na die naelbyt Curriebekereindstryd tussen die Cheetahs en Lions gekyk.

Pieter de Lange met sy hoenderpot. Foto: Amy Slocombe.

Om 3nm kon die deelnemers hul potjies op die kole sit, en die kompetisie het behoorlik vlamgevat. Die beoordelaars, Halisje Crous en Stian Bloem, kon van 6nm aan die verskeidenheid potjies proe. Daar was van afval- tot wildspotjies en alles was heerlik.

Dit was ‘n moeilike taak om ‘n wenner uit die sewe deelnemers te kies, maar na heelwat kopkrap en bespreking, is Hennie Haman se beesstertpot as die wenner aangewys.

Dominee Yolandi Kok en Riaan Nel.

Daarna het die lede die dansvloer oorgeneem, terwyl hulle tussendeur heerlik aan die lekker kos gesmul het.

Die verskillende potjies was soos volg:

• Pot 1 – Deon de Lange (Afvalpot/ Opklimpot)

• Pot 2 – Pieter de Lange (Hoenderpot)

• Pot 3 – Conrad van der Merwe (Beespot)

• Pot 4 – Pierre/ Yolandi Kok (Beesstertpot)

• Pot 5/6 – Eksteen le Roux (Wildspot/ Hoenderpot)

• Pot 7 – Hennie Haman (Beesstertpot)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button