NewsSchools

KYK HIER: Kruiners ondersteun die Bokke tydens eindstryd

Kruiners skiet 5 min lang video vir ondersteuning aan die Bokke

 

Suid-Afrika se trots, die Springbokke, het vanjaar na die finaal van die Rugbywêreldbekertoernooi deurgedring en Laerskool Helderkruin het vir hulle gewys dat hulle in hulle glo om uiteindelik die Webb Ellis-trofee te lig.

Al die Kruiner-leerders het op 30 Oktober in Springbok-truie en met groen geverfde gesigte op die sportterrein bymekaar gekom sodat ‘n kort ondersteunersvideo geskiet kon word. Die video begin waar al die Kruiners ‘n dansroetine op maat van Early B se Back die Bokke, en Leon Schuster se Hie Kommie Bokke uitvoer. Later in die video dra Rian van der Watt, die Kruiner-sporthoof ‘n boodskap namens die Kruiners aan die Springbokke oor met die oog op die eindstryd.

“Julle is inspirasie vir ons almal, julle is inspirasie vir ons land, en alles wat julle doen vir ons land is vir ons almal baie spesiaal. Baie sterkte vir Saterdag, en weet vir seker dat die Kruiner-bloed groen is, en dat ons bankvas agter julle sal staan,” het die boodskap gelui.

Kyk hieer na die video van die Kruiners:

https://www.facebook.com/Kruiners/videos/646912942381756/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button