
Die nommer een Wiskunde-leerder in die Distrik, Kailum Baburam, is vanjaar in Graad 3 in Laerskool Dr Havinga. Hy is onlangs as die Havies se Mental Maths-kampioen gekroon, en het homself tydens vanjaar se Sci-Bono Wiskundetoernooi oortref.
Sy Wiskunde-reis en prestasies is as volg:
• Op 6 Junie is hy as die klaswenner aangewys.
• Op 7 Junie is hy as die wenner van sy Graad aangewys.
• Hy het aan die Sci-Bono Streekstoernooi deelgeneem, en is op 6 Augustus as die Streekswenner aangewys.
• Hy het aan die volgende rondte op Distriksvlak deelgeneem en is op 4 September as die Distrikswenner aangewys.
• Op 11 Oktober is hy tydens die Mental Maths-prysuitdeling aangewys as een van drie leerders in die Distrik wat op Provinsiale vlak deelneem.
• Op 16 Oktober het hy aan die Sci Bono-toernooi deelgeneem, waar hy teen 60 leerders van regoor die provinsie te staan gekom het.
• Op 2 November is hy na die Sci Bono-prysuitdeling genooi, waar hy ‘n sertifikaat vir deelname op Provinsiale vlak, asook ‘n medalje vir deelname aan die Sci-Bono-toernooi ontvang het.