NewsSchools

Havies verwelkom nuwe Departementshoofde

Lizelle het haar laerskoolloopbaan as 'n Havie voltooi, en Frikkie het sy roeping as 'n onderwyser gevolg

Laerskool Dr Havinga het onlangs twee nuwe Departementshoofde aangestel.

Lizelle Kies is die nuwe Departementshoof van die Grondslagfase, terwyl Frikkie Calitz die nuwe Departementshoof van Wiskunde en Tegnologie in die Seniorfase is.

Lizelle is ‘n bloubloed-Havie in murg en been. Sy het nie net haar laerskoolloopbaan as ‘n Havie voltooi nie, maar is al vir die afgelope 20 jaar ‘n Havie-onnie. Haar droom is dat elke Havie-leerder en -onderwyser in die Grondslagfase hul volle potensiaal sal bereik, en ‘n trotse Havie sal wees.

Frikkie Calitz. Foto: Verskaf.

Onderwys vir Frikkie ‘n roeping, en nadat hy sy studies aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus voltooi het, het hy sewe jaar lank in Taiwan en Engeland skool gehou. Hy was ook die afgelope jare by Curro-skool betrokke. Met hierdie ondervinding hoop Frikkie om ‘n positiewe invloed op die leerders se lewens te hê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button