
Die Graad 8’s van Hoërskool Bastion, van kop tot tone in hulle nuwe skooluniform uitgevat, het die trotse Bastion-gees aangeneem tydens die klokseremonie op 31 Januarie.
Die Graad 8’s is volgens registerklasse uitgeroep, en elke leerder het die klok gelui om deel te word van die Bastion-trots. Daarna het skoolhoof, Gert Koekemoer hulle verwelkom deur met elkeen hand te skud, en voorspoed vir die toekoms toe te wens. ‘n Sertifikaat wat die tradisie en die betekenis van die klokseremonie verduidelik, is aan die nuwe Bastion-lede uitgedeel.

Met elke klok wat gelui is, het die res van die Bastion-leerders gejuig oor die nuwelinge wat die begin van hul loopbaan as ‘n Bastioner aangekondig het. Die Graad 8-groep sal weer in 2025 hul kloklied hoor wanneer hulle vir die laaste maal as matriekleerders van Bastion, die klok sal lui.