Laerskool Roodekrans het met trots vroeër in die jaar hulle Top 20-atletiekspan aangekondig, wat vanjaar hulle talente in die onderskeie items ten toon stel.
Die Top 20-span bestaan uit die top vier atlete in elke ouderdomsgroep wat tydens vanjaar se byeenkomste hul skool se naam sal hoog hou.
Tydens die jaarlikse Top 20-atletiekbyeenkoms wat op 8 Februarie by Ruimsig Stadion plaasgevind het, het dié 20 atlete met die allerbestes gekompeteer.
Die Top 20-atlete is soos volg in hulle ouderdomsgroepe gekies:
• o.8 en o.9
Isabella Steynberg (meisies 80m)
Marize Odendaal (meisies 60m)
Mile Olivier (meisies 80m)
Ethan Smit (seuns 80m)
• o.10
Keegan Els (seuns 80m, 100m en verspring)
Jan Kruger (seuns 1 200m)
Taya Pelser (meisies 1 200m)
Miecke van der Merwe (meisies 80m en 100m)
• o.11
Heinrich Smith (seuns hoogspring)
Matteo Marx (seuns verspring)
Miandi Breedt (meisies 100m en verspring)
Denelka Dreyer (meisies 80m, 100m en verspring)
• o.12
Kayleigh Pienaar (meisies 150m en 1 200m)
Dakota Coetzee (meisies hoogspring)
Sharne Schutte (meisies 100m en 150m)
Marcus van Zyl (seuns 100m en 150m)
• o.13
Stefan Nagel (seuns 100m)
Thabiso Mohome (seuns verspring)
Darius Maritz (seuns 80m hekkies en verspring)
Leani Swanepoel (meisies 1 500m)