Local sportSport

Wes-Randse Ringbalklubs hou suksesvolle ontwikkelingskliniek

Meer as 120 leerders en sowat 25 beamptes het die ontwikkelingskliniek bygewoon.

Saterdag, 15 Februarie het die ringbalklubs in die Wes-Rand-distrik ‘n suksesvolle afrigter-, beampte- en leerderontwikkelingskliniek by die Warriors Ringbal Klub aangebied.

Vyf-en-twintig afrigters en beamptes van die Noordheuwel, Greenhills en Warriors Ringbal Klub het die opleidingskursus bygewoon om hulle vaardighede op te skerp.

Opgewonde leerders in aksie.

Ivan van den Merwe, Wes-Rand-voorsitter van ontwikkeling en afrigterskomitee het die ontwikkelingprogram uitgewerk, sodat die meer as 120 leerders wat die dag bygewoon het, die nodige opleiding kon kry en vaardigheid aanleer.

“Ek is baie bly dat dinge so goed afgeloop het en dat almal die dag so geniet het. Elkeen het op sy eie manier ‘n waardevolle bydrae gemaak tot die sukses van dié jaar se afrigterskliniek,” het Ivan gesê.

Leerders geniet die ontwikkelingskliniek. Foto: Verskaf.

Related Articles

Back to top button