
Hoërskool Bastion se jukskeispelers het ‘n baie suksesvolle seisoen agter die rug.
Die 0.16A-seunspan het onlangs aan die Direkteurstoernooi in Pretoria deelgeneem en met ‘n tweede plek weggestap.

Wion Horn en Devan van der Velde is as die presteerders van die dag aangewys, waarvoor hulle elkeen ‘n gouemedalje ontvang het.
Die o.16A-seunspan het bestaan uit Wion, Devan, Dilon Bouwer en Dylan Erasmus. Hulle het gekwalifiseer om aan die Direkteurstoernooi deel te neem toe hulle as die ligawenners aangewys is.

Matuschka de Jager, Monique du Plessis, Diané Erasmus, Michael Lombard en Mario Ragni het as ‘n gemengde span in die o.16- kategorie deelgeneem en het die liga met ‘n tweede plek afgesluit.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!