
Hoërskool Florida spog met vier leerders wat baie goed in hul onderskeie sportsoorte presteer het.
• Claudia Aggenbacht is tydens die D12 Sport-, Jeug- en Kultuurprysuitdeling as die Senior Sportvrou van die Jaar aangewys

• Kristi Lamprecht het aan ‘n klubatletiekbyeenkoms deelgeneem en het ‘n tyd van 12,41s in die 100m-item vir o.15’s behaal

• Danielle Beneke was deel van die Travel & Sport-netbaluitnodigingspan wat in Dubai deelgeneem het

• Hanu Kilian het aan die artistiese gimnastiek-kampioenskap in Namibië deelgeneem, en ‘n bronsmedalje verwerf
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!