Editor's choiceSchool sportSport

Topskuts hou Florrie-naam hoog

Nadine en Jean stap met die hoogste toekennings weg

 

Elf skuts van Hoërskool Florida was deel van die Goue Leeus-span wat aan die afgelope South African National School Shooters Union (SANSSU) kompetisie in Newcastle deelgeneem het.

Jean Killian is as die wenner van die Sporterafdeling aangewys en het ook ‘n silwermedalje in die 3P-afdeling verower. Hy is in die Sporterspan ingesluit wat in die VSA gaan deelneem, en het silwer SANSSU SA Skolekleure verwerf.

Nadine Nel het die trofee vir die beste Presisieskut ontvang. Sy het vier volkaarte geskiet, ‘n gouemedalje in die 3P- en 10M-afdeling verower, is in die Presisiespan opgeneem wat in die VSA gaan deelneem, en het goue SANSSU SA SA Skolekleure verwerf.

Christiaan Bredenkamp het ‘n algehele derde plek behaal. Hy het een volkaart geskiet, is in die Presisiespan opgeneem wat in die VSA gaan deelneem, en het brons SANSSU SA Skolekleure verwerf.

Johan van Heerden het ‘n sewende plek behaal. Hy het een volkaart geskiet en is in die Presisiespan opgeneem wat indie VSA gaan deelneem.

Jacques Steyn het in die o.21-pistoolkategorie deelgeneem, en die rekord na 369/ 400 verbeter.

Die Gauteng-span het die Presisie- en Pistoolafdeling gewen en ‘n algehele derde plek in die Sporterafdeling behaal.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button