Gemeenskap genooi om saam met die Northsider gholf te speel
Gholfspelers genooi om ‘n verskil in die gemeenskap te help maak
![](https://dwu32cgxelq1c.cloudfront.net/local_newspapers/sites/20/2019/04/DSC0015Web-Medium.jpg)
Die Roodepoort Northsider, in samewerking met Ritmia Gemeente, nooi alle belangstellendes om hul welsynsgholfdag op 23 Mei by die Ruimsig Gholfklub te ondersteun.
Die fokus van hierdie gholfdag is om fondse in te samel vir ‘n aantal welsynsprojekte wat die Northsider en Ritmia Gemeente na aan die hart lê sodat hulpbehoewendes deur die jaar van kos, klere en ander noodsaaklikhede voorsien kan word.
Die formaat van die gholfdag is ‘n Better-ball Stableford en die Shotgun-afslaantyd is 11.30vm.
Registrasie, wat spelersgelde, ‘n gholfkarretjie en aandete na die prysuitdelingsfunksie insluit, beloop R800 per persoon. ‘n Vierbal kos R3 200 en die bedrag om Putjie 1 tot 13 te borg is R5 000.
Borggelde is R3 500 en dit sluit in die borg se uitstalling by die gholfdag en blootstelling in die Northsider, wat ‘n drukoplaag van meer as 30 000 het.
Vir enige navrae, inskrywings of borgskappe, kontak Darius Prinsloo by 011 246 7013 of stuur ‘n epos na info@ritmia.org.za.